Akademies en Kultuur
AKEDEMIES EN KULTUUR
Lees meer oor ons vakhoofde, werkswinkel en kurrikulum in die aangehegte dokument.
AKEDEMIES
Kurrikulum
AKEDEMIES
Werkswinkels
AKEDEMIES
Skool tot Werkprogram
Weskusskool is ‘n vardigheidskool waar die seuns opgelei word in die volgende vaardighede:
Die meisies word opgelei in:
Vir die afgelope drie jaar poog Weskusskool om alle vierdejaar leerders vir 2 weke in die vierde kwartaal by ‘n besigheid in hul tuisdorp te plaas. Die leerder en sy ouers identifiseer ‘n besigheid van hul keuse wat pas by hul tegniese rigting. Die skool tref al die reëlings met die besigheid. Die leerder word nie betaal nie en streng gedragsvoorwaardes geld.
Die doel daar agter is dat die leerder blootgestel word aan die wereld van werk . Die ideaal is dat leerders persoonlik en emosioneel sal groei ten einde die oorskakeling van skool na werk makliker te vind. Dit wat hy in die klassituasie rondom werksetiek teoreties leer, kry hy nou kans om in die praktyk te toets en vas te lê. Terselfdertyd doen hy waardevolle praktiese ervaring op wat hom beter in staat sal stel om in ‘n werk geplaas te word.
Plaaslik het ons bv. vennote van onskatbare waarde gevind in Sea Harvest en Cartol. Derde en vierdejaar leerders van Gasvryheidstudie gaan elke Vrydag by Cartol werk.
Kultuur
kultuur
Kultuur vorm deel van die skool se buitemuurse aktiwiteite. Dit behels sang, drama (toneelspel), dans en talentaande
Gedurende 2014 is die toneelstuk “Sneeuwitjie en die 11 dwergies” op die planke gebring, Dit was ‘n reuse sukses. Die toneelgroep tree gewoonlik plaaslik by skole en ouetehuise op, asook interskole kompetisies. Die buitemuurse kultuur integreer met die Skeppende Kunste leerarea, omdat van leerders se hulp gebruik word met die maak van konserte se dekor.
Kultuurgroepe word op ‘n gereelde basis jaarliks op uitstappies geneem soos bv. opvoerings by die “Arts Cape Centre” in Kaapstad.
Kultuur
Rieldans
- Die meeste van die leerders het vanaf Elizabethsfontein Primêr naby Clanwilliam na ons skool gekom en is almal in die koshuis woonagtig.
Diensdoenende personeellede by die skool help met die uitdeel van die etes en die handhawing van dissipline.
Kultuur
Voedingskema
Die Weskus Skool is baie trots op hul Rieldansgroep.
Die meeste van die leerders het vanaf Elizabethsfontein Primêr naby Clanwilliam na ons skool gekom en is almal in die koshuis woonagtig.
Rieldanse is die oudste dansvorm in Suid-Afrika en het sy ontstaan gehad toe die jagters van die Khoisan na 'n suksesvolle jagtog by die kraal gekom en die jagters in in sirkel of in lyne om die vuur gedans het. Dierebewegings speel dus 'n belangrike rol in die dans.
Op die oomblik is daar 5 seuns en 4 dogters in die groep, maar daar is nog kinders wat die dans kan doen en soms word almal betrek.
Die groep het al by verskeie groot geleenthede opgetree o.a. by die opening van 'n groot windplaas buite Vredenburg waar hul voor buitelandse gaste gedans het, by 'n SAOU seminar, by 'n LSEN hoofde opleidingsgeleentheid, by die Oppiwafees in Jacobsbaai, by die SATA toekenningsaand en talle vertonings in die skoolsaal.
Die skool ontvang ook uitnodigings van ander skole vir optredes en waar moontlik vpldoen ons hieraan.
Die Weskus Skool is voorwaar trots op hierdie groepie kinders en ons dankbaar vir die juffrouens van Betjiesfontein wat hierdie dans met trots aan ons kinders geleer het.